Gratis Geskenkboks

klieknooikreatief_0006

Nooi Kreatief het vir ons lesers ‘n matroos-geïnspireerde geskenk boks ontwerp wat julle vandag gratis by Mooi Troues kan aflaai en druk. Dit is baie eenvoudig; laai die ontwerp af en druk dit op ‘n A3 bladsy. Vou dan die boksie volgens die lyne wat aangedui is op die ontwerp.

Die boksie kan vir ‘n verskeidenheid doeleindes gebruik word; die bruidspaar kan dit gebruik vir hul gaste se geskenke op tafels óf indien jy binnekort ‘n gas by ‘n troue gaan wees kan jy die boksie druk en vou vir jou trougeskenk.

Baie dankie aan Nooi Kreatief vir die idee.

kliek nooikreatief_0005