Gawie & Christi se plaas troue

Gawie en Christi het ‘n bosveld-tema troue gehad en het hard gewerk aan hul selfdoen dekor. Die paartjie se troue sal definitief dien as goeie inspirasie sou jy graag jou troue self wil beplan en dekor wil doen.  Gawie se ouers woon op ‘n plaas buite Ellisras, die klimaat en plantegroei van die omgewing sorg vir ‘n pragtige bosveld voorkoms.  Gawie was al van Woensdag af op die plaas terwyl Christi nog moes werk tot Vrydagmiddag. Sy het toe direk na werk na die plaas gery.  Toe Christi daar aankom vra Gawie haar om saam met hom land toe te ry, maar ry ‘n hele ompad lande toe en parkeer toe bo-op ‘n berg.  Die paartjie het uitgeklim en die sonsondergang saam geniet en toe Christi omdraai is Gawie op sy knie en vra haar om te trou. Dit was ‘n prentjiemooi geleentheid in die bosveld, op ‘n berg met die sonsondergang in die agtergrond. Enige meisie se droom verlowing!

As julle na die paartjie se troufoto’s kyk sal julle sien die romanse het ook nie daar gestop nie. Dit is altyd vir ons ‘n plesier om so ‘n mooi selfdoen troue met ons lesers te deel.


Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0001

Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0002 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0003 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0004 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0005 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0006 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0007 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0008 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0009 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0010 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0011 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0012 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0013 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0014 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0015 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0016 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0017 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0018 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0019 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0020 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0021 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0022 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0023 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0024 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0025 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0026 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0027 Christi & Gawie soos op www.mooitroues.co.za_0028


Diensverskaffers: