Tinus & Carin se plaas verlowing

Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0001

Tinus en Carin was albei studente in Potchefstroom en is aan die einde van hul eerstejaar deur gemeenskaplike vriende aanmekaar voorgestel tydens ‘n nuwejaars-naweek in Clarens.

Met nuwejaar het hulle op die hoek van ‘n straat in die dorpie gedans en het Tinus vir sy vriend gesê dat hy nog eendag met haar gaan uitgaan. “Sowat ‘n jaar later het ons mekaar weer in Potch raakgeloop en kon nie ophou gesels nie,” daarna was die skoot hoog deur en Tinus en Carin het in Maart van hulle derdejaar-studies begin uitgaan.

Tinus was ekstra versigtig met sy handbagasie op die vlug Kaapstad toe in Maart hierdie jaar, hy het seker gemaak dat Carin niks in die rugsak sou soek (of vind) nie.

Tydens hulle Kaap langnaweek het die paartjie ‘n “road-trip” video gemaak van oral waar hulle rond gery het. Laat Saterdag middag het hulle gaan piekniek hou op Seinheuwel, Tinus het die perfekte plek gesoek vir die kamera sodat hulle ‘n foto kon neem. Sonder Carin se wete het hy ‘n video opgeneem en op sy knieë gegaan om haar te vra om te trou. Só het hy hulle spesiale oomblik vir altyd vasgevang.

Baie dankie Ian Odendaal vir die mooi foto’s.

Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0002 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0003 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0004 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0005

Wanneer beplan julle om te trou?


Ons trou op die 7de Februarie 2015 by The Stone Cellar, buite Heidelberg. Ons was albei verlief op die mooi plaas na ons eerste besoek en kan nie wag vir ons groot dag nie!

Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0006 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0007 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0008 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0009 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0010 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0011 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0012 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0013 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0014 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0015 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0016

Wat is julle droom troue?


Ons droom-troue is een wat ons kan deel met die mense wie ons die heel liefste het, ons is geseën met wonderlike gesinne en baie spesiale vriende. Ons het ook die ongelooflike voorreg om ‘n belofte af te lê in die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader, terwyl my pa die huweliks-boodskap gaan lewer.

Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0017 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0018 Tinus & Carin soos op www.mooitroues.co.za_0019


Diensverskaffers:

Fotograaf: Ian Odendaal