Tauriq & Zaakiya se Verlowing

Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0001

Ons deel vandag Tauriq en Zaakiya se verlowingsfoto’s met julle. Die twee het besluit om die foto’s by die see te laat neem, wat ‘n uitstekende idee is.

Die see in die agtergrond skep nie net ‘n baie mooi prentjie nie, maar gee ook ‘n baie rustige gevoel.

Dit is baie belangrik om net jouself te wees tydens jou verlowings-fotosessie en jou persoonlikheid na vore te bring.

Zaakiya het twee uitrustings aangehad vir die geleentheid. Albei uitrustings was lekker gemaklik, maar lyk steeds deftig. Dankie Davene Prinsloo dat jy die pragtige verlowingssessie met ons gedeel het en lees gerus verder.

Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0002 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0003

Hoet het julle ontmoet?


Ons het ontmoet by ‘n vriend se verjaarsdagpartytjie, ‘n vriend wat beide van ons ‘n paar maande laas gesien het. Vir albei van ons was dit liefde met die eerste oogopslag. Ons is altwee natuurlike skaam mense en het toe net een sin te sê vir mekaar, “Moet jy nou regtig gaan?” en my antwoord was “Ek weet nie”. Na daardie aand het ons nie gedink dat ons mekaar weer gaan sien nie en dat ons geleentheid om mekaar beter te leer ken verby is. ‘n Paar weke later het ons mekaar weer gesien en het begin praat en nommers geruil. Tauriq het uiteindelik moed bymekaar geskraap en my gevra om saam met hom na die IPL krieket wedstryd te gaan kyk by St. George’s Park, Port Elizabeth op 10 Mei 2009. Alhoewel ek nie ‘n sportmens was nie, het ek ja gesê. Ek is nou ‘n sportmens. Ek het my pa van hom vertel net twee weke na die tyd.

Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0004 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0005 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0006

Hoe het julle verloof geraak?


Tauriq het my pa geskakel in Johannesburg om uit te vind wanneer hy weer Port Elizabeth toe kom omdat hy iets met hom wil bespreek. Na my pa gearriveer het en Tauriq met hom gepraat en sy seën ontvang het, het Tauriq my gevra om met hom te trou. Hy het vir my ‘n Fossil horlosie gegee met die woorde “Marry Me 15-06-2013” gegraveer agterop. Ek het natuurlik ja gese en hy het vir my ‘n pragtige ring gegee waaroor ek natuurlik mal is.

 

Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0007 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0008 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0009 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0010 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0011 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0012 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0013 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0014 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0015 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0016 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0017 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0018 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0019 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0020 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0021 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0022 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0023 Tarique & Rayland soos op www.mooitroues.co.za_0024


Diensverskaffers:

Fotograaf: Davene Prinsloo