Riaan & Anje se Troue

Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0025

Riaan het vir Anje een aand gevra om te trou, hy het baie kerse en laterns in die buitelug gebruik om die atmosfeer lekker romanties te maak. Hulle het daardie aand, onder die sterre verloof geraak.

Anje beskryf dit as die ongelooflikste prentjie toe sy Riaan op sy knie voor haar sien. Van die paartjie se hoogte punte was die oomblik toe Anje se Pa haar inbring en hulle ook getrou het. Hul eerste dans was net so spesiaal gewees. Die paartjie se tema was ‘n kombinasie van oud en nuut, modern, maar klassiek.

Vir meer oor die paartjie se troue lees ons onderhoud met hulle, verder in die artikel. Dankie Precious Moments vir die pragtige foto’s.

Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0001 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0002 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0003 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0004 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0005 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0006 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0007 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0008 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0009 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0010 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0011 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0012 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0013 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0014 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0015 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0016 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0017 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0018 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0019 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0020Hoe het julle verloof geraak?


Ons verlowing was perfek. Alles omtrent dit was haarfyn beplan. Dit het begin met ‘n beplande naweek weg. Min wetend, was Riaan besig om baie in die mou te voer. Van ouers vra met sy plastiek-diertjie lobola tot al die skelm reëlings omtrent die naweek. 9 Aug 2013 is ons toe op pad na Galileo farm, Grabouw. ‘n Pragtige houthuisie wat omring is met die mooiste natuurskoon.

Terwyl ek besig was met voorbereiding vir aandete, en onder die indruk was dat Riaan besig is om vuur te maak. word ek eensklaps geblinddoek.

Met ‘n mooi gebaar word ek na buite gelei waar ek oorval word met die ongelooflikste prentjie. Die hele plek is gevul met kerse en lanterns en Riaan voor my…op sy knie. Uitgevat in ‘n swart aandpak en die nag- geluide soos musiek in ons ore.

Daar tussen die natuurskoon, bring die Here vir my, my grootste geskenk. Die man wat ek die res van my lewe mee gaan deel.

Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0021 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0022 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0023 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0024 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0025 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0026 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0027 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0028 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0029 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0030 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0031 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0032 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0033 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0034Wat het julle troudag so spesiaal gemaak?


Ons troue was alles waarvan ek as klein dogtertjie gedroom het. Ek’t regtig soos ‘n prinses gevoel wat op pad is na haar prins. Om my man daar voor die kansel te sien en te weet dat van vandag af gaan ek my lewe verewig en altyd met hom deel was die mees asemrowendste gevoel in die wêreld. Net dáár in die paadjie, het ek weer besef hoe ongelooflik baie God ons seën, deur so kosbare dag vir ons te gee om saam met mekaar te deel.

Met ons eerste dans het dit gevoel of alles om ons stil staan en dat dit net ek en hy is. Dit was onbeskryflik.

Vir my was dit ‘n groot voorreg dat my pa my kon inbring en ons trou. Ons het ook die voorreg gehad om die gaste te vermaak met ons eie pa en dogter dans. Dit het begin met ‘n mooi langarm en oorgegaan in die alle bekende gangnam style. Dit het voorwaar die gaste saam met ons aan die dans en lag gehad.

Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0035 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0036 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0037 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0038Raad vir ander paartjies wat besig is om hulle troue te beplan?


My advies aan ander egpare is om regtig te probeer om die troue op video vas te lê. Dis werklik so dat die aand verby vlieg en mens min inneem en onthou. Dit was so lekker om na die tyd die preek , toesprake en reaksies van die gaste te kon sien.

Onthou ook dat dit JOU troue is. Doen wat jou hart begeer en moet nie jou steur aan wat ander mense moontlik gaan dink of sê nie. Meeste het reeds die kans gehad om hulle idees uit te leef en die res sal nog hulle kans kry. Dis jou geleentheid om jou droom en sprokie ten volle te leef. So leef dit.

Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0039 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0040 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0041 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0042 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0043 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0044 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0045 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0046 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0047 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0048 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0049 Riaan & Anje se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0050


Diensverskaffers:

Fotograaf: Precious Moments | Venue, dekor en blomme: Eensgezind | Trourok en juwele: Didi Couture
Hare en grimering: Madeleen Bridal | Bruidsmeisie rokke: Marilize v/d Westhuizen Couture
Bruidskoene: Anella | Troukaartjie en koerantjie: Lezanne’s designs | Macaroons: Mari Reinders van Nom Nom Nom

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *