Raad: Belangrikheid van ‘n tafelvoorskou

Stileerde Inspirasie soos op www.mooitroues.co.za_0003Foto: Gunther Schubert | Stilering deur Blank Canvas

Just Jack het vandag se inskrywing vir ons lesers opgestel. Hierdié artikel verduidelik waarom dit belangrik is om ‘n tafelvoorskou te hê vóór jou groot dag.

‘n Troudag kan mens beskryf as ‘n legkaart wat jy stukkie vir stukkie bymekaar sit om die groot eind produk te vorm. Een van die grootste legkaart stukkies is die blomme en dekor. Die belangrikheid van ‘n tafelvoorskou word nie altyd raakgesien nie. ‘n Bruid mag dalk ‘n volledige prentjie in gedagte hê, maar wanneer jy alles bymekaar sit en daarna kyk in realiteit, mag dit dalk anders lyk.

Die beste advies is om ‘n tafelvoorskou te reël met jou bloemis, óf jou koördineerder. Ontmoet by die onthaalsaal, indien moontlik en stel ‘n duplikaat tafel op soos wat dit op die troudag sal lyk.

Saam met dít, kan jy ook voorskou elemente soos die glase, borde, stoele, tafeldoeke  en enige ander dekor elemente inbring. Al is dit net een tafel wat opgestel is, kan dit jou ‘n goeie idee gee van hoe dit gaan lyk op die dag van die troue.

Indien jy dieselfde dekor gebruik by byvoorbeeld die seremonie, sal dit ook vir jou ‘n goeie aanduiding gee van hoe dit daar sal lyk.

Die bruid is nie noodwendig op die dag van die troue daar om seker te maak sy is tevrede met hoe die blomme lyk en dekor lyk nie. Omdat hierdie so ‘n omvattende element is, kan dit ‘n baie goeie idee wees om tyd hieraan te spandeer en seker te maak julle legkaart stukkies pas almal perfek bymekaar.

 Special Events Pers Shoot soos op www.mooitroues.co.za_0002Foto: ST Photography | Stilering deur Special Events

Diensverskaffers:

Artikel verskaf deur Just Jack