Skryfbehoefte: Gratis vlagdoek vir jou troue

kliekBuntig van Nooi Kreatief soos op www.mooitroues.co.za_0001

Nooi Kreatief een van ons fantastiese skryfbehoefte-bydraers het vir jou die oulikste gratis drukbare vlagdoek ontwerp wat perfek is vir ‘n somertroue. Dit is maklik om self te maak en gratis aflaaibaar van Mooi Troues.

Kliek net op die grys blokke in die artikel en die PDF-dokument sal oopmaak. Ons beveel aan dat jy dit op ‘n A3 papier druk as jy jou vlaggies bietjie grootter wil he, en op ‘n A4 as jy dit kleiner wil he. Kry vir jou dan ‘n lekker lang stuk lint ( so lank soos jy jou vlaggies wil maak ) en gebruik ‘n kramdrukker om die gedrukte vlaggies aan die lint vas te kram. Dit kan gebruik word as deel van jou troue se dekor en skep ‘n lekker jolige gevoel.

Baie dankie aan Nooi Kreatief vir die oulike ontwerp.

Buntig van Nooi Kreatief soos op www.mooitroues.co.za_0002kliekBuntig van Nooi Kreatief soos op www.mooitroues.co.za_0003 Buntig van Nooi Kreatief soos op www.mooitroues.co.za_0004kliek


 

Diensverskaffers:

Skryfbehoeftes: Nooi Kreatief