Kry ‘n karikatuurtekenaar by jou troue

© Günther Schubert of Vörsprung Studio

Ons gesels vandag met ‘n karikatuurtekenaar, Martinus van Tee. Indien jy opsoek is na vermaak by jou troue wat gaste lekker sal laat lag tydens jou fotosessie óf gedurende jou onthaal is ‘n karikatuurtekenaar ‘n goeie opsie om te oorweeg.

Martinus van Tee is ‘n baie bekende kunstenaar in dié veld en sy werk laat mense behoorlik gons. Hy skets jou in ‘n manier wat jy nooit sal verwag nie. Dit is ook die perfekte geskenk vir jou gaste, dit is iets anders, snaaks en iets wat hulle kan raam en ophang in hulle huise.

Martinus van Tee soos gesien op www.mooitroues.co.za_0001

Hoekom het jy dié diens begin?


Ek het op hoërskool begin karikature teken, en in die klas in my boeke al my vriende en onderwysers geskets. My klasmaats het lekker daarvoor gelag. Ek het besef ek kan mense só vermaak.Ek is mal daaroor om mense te teken, en troues is my gunsteling tipe funksie, want almal is daar om dit te geniet.  Dit is ook min dat mens in SA ‘n karikatuurkunstenaar by ‘n troue sien en almal soek iets uitsonderlik.


Martinus van Tee soos gesien op www.mooitroues.co.za_0003

Waar kom jou liefde vir kuns vandaan?


My pa is ook ‘n karikatuurkunstenaar en ‘n skilder, so sy werk het my van kleinsaf beïnvloed. Ons het saam na baie galerye en museums toe gegaan, en dit het vir my ook ‘n baie wyer verwysingsraamwerk vir kuns gegee. Animasie is ook nog altyd ‘n groot invloed op my werk, en ek kyk steeds graag Dexter’s Lab, Looney Tunes, en Ren and Stimpy.


 

© Günther Schubert of Vörsprung Studio

Hoe sal jy jou diens/produk aan bruide verduidelik?


Ek begin gewoonlik tydens pre drinks die gaste skets. Dit breek die ys, want hulle kry bietjie kans om vir mekaar se sketse te lag, en die neuse, lippe en kenne in die karikature te vergelyk.

Die gaste word vermaak, maar hulle gaan ook huis toe met ‘n persoonlike geskenk wat hulle altyd aan die troue sal herinner. Ek skets 20 gaste per uur, en kan tot 120 mense op ‘n aand teken.


Martinus van Tee soos gesien op www.mooitroues.co.za_0004 Martinus van Tee soos gesien op www.mooitroues.co.za_0005© Günther Schubert of Vörsprung Studio Martinus van Tee soos gesien op www.mooitroues.co.za_0006

Hoe kan mense jou kontak?


Die beste is om vir my ‘n e-pos na martinusvantee@gmail.com te stuur, of om my op 071 116 2600 te bel. My webtuiste martinusvantee.com het ook al my kontakbesonderhede en voorbeelde van werk wat ek by funksies geteken het.  My Facebook blad is facebook.com/martinusillustration.


 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *