Janine & Tiaan se verlowing

Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0001

Die storie het begin met Janine en Tiaan wat hulle sesde maand as ‘n paartjie saam gevier en dit was Tiaan se beurt  om die date te reël. Die paartjie deel ‘n tradisie, wat die soektog na die beste hamburger in Kaapstad behels.

Tiaan bespreek toe ‘n tafel vir daai aand by The Knob, in Woodstock, wat volgens die graderings op die internet, die beste hamburger plek in Kaapstad is.

Hierna het hulle ‘n melkskommel by Fire & Ice Hotel gaan geniet en toe huiswaarts gekeer. Janine was nog nie by die huis gewees daai dag nie en Tiaan sou die volgende dag Duitsland toe vlieg vir werk. Hy stel toe voor dat hulle gou by Janine se huis stop dat sy kan stort en gemaklik aantrek. En dan die res van die aand nog bietjie by hom kuier terwyl hy inpak. Tiaan  het natuurlik ander planne gehad…

Toe hulle by Janine se huis stop haal Tiaan ‘n pakkie en twee briefies uit. Hy verduidelik toe dat Janine net een brief mag lees en die ander brief nie vooruit nie. Ook dat Janine nie die pakkie mag oopmaak nie en dat hy nou gaan ry. Janine gaan toe haar huis binne en lees die eerste brief.

Die brief het vir haar verduidelik hoe besonders sy vir Tiaan is en hy het haar vergelyk met ‘n blom. Toe mag sy die tweede brief se eerste opdrag lees: Maak oop die pakkie … Neem ‘n lang stort en trek dit aan. In die pakkie was’ n pragtige Infinity rok. Janine moes ook ‘n foto neem van die rok as bewyse dat sy die eerste opdrag voltooi het.

Janine moes volgende haar kamer ingaan om ‘n foto leidraad op te los. Toe sy haar kamerdeur oopmaak was haar kamer versier met blomme, en haar bed vol foto’s. Janine het die foto’s omgedraai agterop die foto’s was die woorde: ‘n Blom wat nie kan verlep nie.

Janine weet toe dit is hulle een maand krale en draad roos(die een wat Taan vir haar gegee het vir al die dae wat hy weg is en nie vir haar ‘n blom kon gee nie- want hy gee elke dag vir haar ‘n blommetjie).

Vir tydkoop moes Janine ‘n kort gediggie skryf- nodeloos om te sê Janine kon skaars dink van opgewondenheid, endie laaste leidraad was: ‘Gaan met die roos na die plek waar alles begin het.’ Die parkeerarea by die kerk waar Tiaan  vir Janine die eerste keer gesê het hy hou van haar.

Janine het by die parkeerarea aangekom en Tiaan het uit sy motor geklim, geklee in ‘n pak, en toe dans die paartjie dáár in die parkeerarea op hulle spesiale liedjie. Tiaan het ‘n ring aan die bokant van die draadroos weggesteek, waarmee hy Janine gevra het om te trou. Dankie Debbie Lourens vir die fantastiese en baie mooi foto’s.

Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0002 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0003 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0004 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0005 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0006 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0007 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0008 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0009 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0010 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0011 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0012 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0013 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0014 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0015 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0016 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0017 Janine en Tiaan soos gesien op www.mooitroues.co.za_0018


Diensverskaffers:

Fotograaf: Debbie Lourens