Gebruik Picture Parlour vir jou troue

Ons loer bietjie in by Picture Parlour, ‘n oulike foto hokkie wat jy kan huur vir jou troue. Picture Parlour is die perfekte oplossing om jou gaste besig te hou gedurende jou fotosessie tyd. Jy kan jou gaste stuur na die onthaal area waar die foto hokkie dan klaar opgeset sal wees. Jou gaste kan hulself gate uitgeniet met verskeie foto props en kry sommer ook dadeluk hulle foto’s gedruk.

Picture Parlour gebruik top gehalte kameras, lense en papier om seker te maak dan kliente die beste gehalte foto hokkie kry vir hulle troue. Picture Parlour’s rates starts from R 3 700, klik hier vir pryse.

Picture Parlour sal ‘n operateur saam gee om seker te maak dat die foto hokkie heeltyd operationeel bly en jy sal 2 x 6 by 2 duim druk werke met 4 foto’s van elke gas op. Die foto’s kan of in wit en swart of in kleur wees, maar sal voor die troue moet besluit word. Jy kan ook julle name op die drukwerk sit om dit bietjie meer persoonlik te maak. Die bruidspaartjie sal ook ‘n DVD kry met al die foto’s op. Props sal voorsien word, maar paartjies is meer as welkom om ook hulle eie props te voorsien. Die foto hokkie kan ‘n maksimum van 6 mense per slag vat en jou foto’s sal ook op Facebook gedeel word na die troue sodat gaste hulself kan tag.

Picture Parlour is die perfekte oplossing om seker te maak jou gaste geniet hulself en is gebaseer in Kaapstad.

Picture Parlour_0001 Picture Parlour_0002 Picture Parlour_0003