Pastel Perd Stileerde fotosessie

Vandag deel ons ‘n gestileerde fotosessie, wat ons geweldig inspireer het afgeneem deur die talentvolle Lightburst Phootgraphy.  Hierdie skoon, vars voorkoms van die model het ons oog gevang en ons kon nie ophou kyk nie.  Die natuurlike tema is volmaak deur die gebruik van ‘n blomkrans en dieselfde blomme wat in dié krans voorkom is ook duidelik sigbaar in die ruiker.  Die model se grimering bestaan ook uit natuurlike, ligter skakerings, wat weer bydra tot die groter prentjie.  Ons het dit al voorheen gesê en sal weer daarop klem lê; Dit is altyd ‘n beter idee om foto’s te neem vroeg in die oggend, tydens sonsopkoms, of laat middag, tydens sonsondergang. Soos julle kan sien in dié foto’s, wat laat middag geneem is, skep dit ‘n pragtige atmosfeer. Die lig val sagter op die model en die omstandighede is ook meer plesierig.  Die model Kayla was vergesel deur Rocco, die perd en die fotosessie het by Sankt Georg Stables in Brakpan plaasgevind.


_0803_0804_0805_0806_0807_0808_0809_0810_0811_0812_0813_0814_0815_0816_0817_0818_0819_0820
_0821_0822_0823_0824_0825_0826
_0827_0828_0829_0830_0831_0832_0833_0834


Diensverskaffers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *