Kerry & Colin se Dieu Donné verlowing

_0883

Kerry en Colin het mekaar, as sotte, tydens hoërskool ontmoet. Kort nadat hulle standerd ses geslaag het, het hulle begin uitgaan in 2001. Ongeveer 11 jaar later, Desember 2012, het Colin vir Kerry gevra om te trou. Michelle Wiese het die paartjie se foto’s geneem.

Colin het die hele storie haarfyn beplan. Die dag het begin by The Belgian Waffle House in die Strand omgewing en daarna het hulle ‘n draai gaan maak by Chocolatier. Volgende op die agenda was Franschhoek, waar Colin vir hulle twee verblyf gereël het by Franschhoek Country House. Hier het Kerry massering ontvang en was vas aan die slaap na dié pamperlang – sessie.

Colin het Kerry oortuig om, soos hy, netjies aan te trek vir ‘n besoek in die dorp, alhoewel Colin ander planne gehad het. Hy neem haar toe na Dieu Donné Wyn Landgoed vir aandete. Op hulle aankoms word hulle in kennis gestel dat die restaurant vol bespreek is, maar dat hulle welkom is om in ‘n meer afgesonderde deel van die plaas te sit (natuurlik só gereël deur Colin).

Nadat die paartjie die prentjiemooi omgewing bewonder het en lekker wyn gedrink het, het Colin op een knie gegaan en die groot vraag gevra.

Die manne wat van plan is om hulle dames die groot vraag te vra kan gerus ‘n ding of twee by Colin leer. Maak seker jy beplan iets wat jou meisie se asem gaan wegslaan en dat sy dit glad nie gaan verwag nie. Probeer om vir nie teveel mense van jou planne in te lig nie, dat dit ‘n geheim bly en doen navorsing oor die verskeie plekke in die omgewing. Kies dan een waar jy weet jy gemaklik sal voel om jou meisie te vra om te trou.

Stories soos hierdié word jare lank nog vertel en word baie waardeer deur die vroulike geslag.

_0836 _0837 _0838 _0839 _0840 _0841 _0842 _0843 _0844 _0845 _0846 _0847 _0848 _0849 _0850 _0851 _0852 _0853 _0854 _0855 _0856 _0857 _0858 _0859 _0860 _0861 _0862 _0863 _0864 _0865 _0866 _0867 _0868 _0869 _0870 _0871 _0872 _0873 _0874 _0875 _0876 _0877 _0878 _0879 _0880 _0881 _0882 _0884

Diensverskaffers:

Fotograaf: Michelle Wiese

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *