Foon Apps vir jou troue

Tegnologie word deesdae vir als gebruik, veral om troues te beplan. Hiermee verwys ons na die verskeidenheid apps beskikbaar vir aflaai op jou slimfoon.

Dit vergemaklik die hele proses van beplanning omdat jy enige tyd en op enige plek bietjie navorsing op jou foon kan doen.

Ons het vyf van ons gunsteling trou-apps vir vandag se inskrywing bymekaar gesit.


1. Wedding Party:

Wedding Party is ‘n oulike app en is fantasties om jou troudag vas te vang en te volg deur middel van jou gaste. Dit kom basies daarop neer dat jou gaste foto’s neem met hul slimfone en dan inteken by die profiel wat jy gestig het op Wedding Party . Só sal jy al jou vriende se foto’s, wat deur die Wedding Party app geneem is, kan kry. Dit is ideaal, veral as jou gaste graag foto’s met hul fone neem. Op hierdie manier kry jy ook meer informele foto’s van jou gaste sonder om elke keer op te volg by hulle om foto’s vir jou te stuur.


trouapps_0001


2. Tie the Knot:

Die Tie the Knot app is ontwerp vir die moderne paartjie wat al hul trou besonderhede aanlyn beskikbaar wil stel vir hulle gaste. Tie the Knot maak dit maklik vir paartjies om al die inligting t.o.v hul troue bymekaar te hou. Nog iets wat kenmerkend aan die app is, is die aftel wyser wat die dae tot en met jou troue aftel.


trouapps_0002


3. Wedding Scan

Wedding Scan is nog een van ons gunsteling trou-apps. Dit is ‘n aanlyn trouregister wat maklik is om bymekaar te sit. Jy kan, letterlik, in elke winkel waar jy iets sien wat jou hart begeer, die produk se kode skandeer en op daardie manier dit op trouregister plaas. Die produk sal met al sy besonderhede op die register verskyn. Indien die produk nie ‘n skandeerder het nie kan jy ‘n foto van die produk neem en self die produk beskryf.


Wedding Scan_0006


4. Flower Wheel

Flower Wheel is ontwerp vir bruide of enige iemand wat baie belangstel in blomme. Die app verskaf inligting oor verskillende soorte blomme in verskillende kleure en jy kan só meer leer van blomme en ook sien hoe verskillende soorte blomme bymekaar sal lyk.


Flower Wheel_0007


5. Pinterest 

Pinterest is tans seker een van die bekenste aanlyn trou-inspirasie webtuistes in die sosiale media. Jy kan ook Pinterest apps kry op jou foon en gemaklik na oulike foto’s kyk. Jy kan jou eie geheime borde maak en foto’s ‘pin‘ (vassteek) van verskillende webtuistes af wat alles uiteen sit. So kan jy gerieflik jou troue op ‘n visuele manier beplan.


pinterest_0008