Ons gesels met NB Photography

NB Photography Sponsored Post_0001

Ons gesels vandag met Nadia Bezuidenhout van NB Photography.  Alhoewel Nadia vir verskeie kliënte en uiteenlopende industrieë foto’s neem, is haar groot liefde troufotografie.

Haar ateljee is in Gauteng, dit is van hiér wat sy haar besigheid bestuur, wat veral spesialiseer in trou- en familie foto’s.

NB Photography Sponsored Post_0005

Waarom geniet jy fotografie?

Fotografie is baie skeppend.  Ek was nog altyd mal oor kuns en ek skilder ook graag.  Die tegniese aspek van fotografie is belangrik, maar ek dink dit is my kuns agtergrond wat my foto’s van kiekies na kunswerke verander.

Waarom juis troufotografie?

Ek is ‘n “people’s person”.  Ek hou van geselskap en geniet dit om nuwe mense te ontmoet.  Dit is vir my ‘n groot voorreg as kliënte my kies om hulle spesiale dag af te neem, en ek doen dan my uiterste bes om elke detail van hulle dag vas te vang.  Dit is vir my ‘n persoonlike uitdaging om hulle foto’s beter te maak as wat hulle kon verwag.

NB Photography Sponsored Post_0002 NB Photography Sponsored Post_0003 NB Photography Sponsored Post_0004 NB Photography Sponsored Post_0006 NB Photography Sponsored Post_0007 NB Photography Sponsored Post_0008 NB Photography Sponsored Post_0009 NB Photography Sponsored Post_0010 NB Photography Sponsored Post_0011

Diensverskaffers:

Fotograaf: NB Photography