Trou Skedule Advies

As jy ‘n stresvrye troue wil hou is tydberaming en beplanning van groot belang. Jy kan van ‘n skedule gebruik maak, dit is kom handig te pas en is ideaal vir die georganiseerde persoon wat nie daarvan hou om onvoorbereid in iets in te gaan nie. ‘n Skedule sal verseker dat jou diensverskaffers ook almal ingelig is van wat wanneer gebeur en só sal dinge baie meer vlot verloop op jou troue. Die belangrikste is om ook tyd saam met familie en vriende te spandeer.

moitroues tydlyn_0001

 

Dag troues:

Dag troues is deesdae ‘n groot tendens, veral vir kleiner troues en buite troues omdat dit so lekker is om in die natuur of buite op ‘n plaas te trou. Die grootste kommer is vir die fotograaf is sonlig, omdat die lig in tydens die voormiddag baie hard is.

Ons beveel dus aan dat jy jou fotosessie aan die einde van jou dag troue hou, teen skemer. Jy sal steeds daardie mooi, sagte en romantiese foto’s kan kry, soos paartjies wat aand troues hou. Sien onder ‘n rowwe skedule met min of meer tye van hoe lank verskeie geleenthede duur.

  1. Grimering en hare ( 3 tot 4 ure, maak seker jy vind die tyd uit voor die tyd )
  2. Aantrek ( 20 minute )
  3. Kerkdiens ( 1 uur )
  4. Familie foto’s ( 20 minute )
  5. Onthaal ( 3 ure )
  6. Fotosessie ( 1 tot 1.5 ure )

moitroues tydlyn_0004

Aand troues:

Aand troues is gewoonlik troues waar baie gaste genooi is, daar word gedans, musiek gemaak en is baie sosiaal. Dít is ook die meer tradisionele troue. Nét soos die dag troues is ‘n skedule van jou dag baie belangrik om seker te maak jy het ‘n stresvrye troue het.

  1. Grimering en hare ( 3 tot 4 ure, maak seker jy vind die tyd uit voor die tyd )
  2. Aantrek ( 20 minute )
  3. Kerkdiens ( 1 uur )
  4. Familie foto’s ( 20 minute )
  5. Fotosessie ( 1 tot 1.5 ure )
  6. Onthaal ( maak nie saak nie omdat dit aan die einde van die dag is. )

moitroues tydlyn_0002

Ander raad:

  • Vir jou fotosessie kliek hier om te sien wanneer die sonsak in jou area waar jy gaan trou en maak seker jy beplan jou fotosessie so ‘n uur tot uur en ‘n half voor jou troue, dan is die sonlig die beste vir romantiese foto’s.
  • Maak seker dat jy ‘n behoorlike trouskedule opstel en dat al jou diensverskaffers tenmiste twee weke voor jou troue die skedule ontvang, sodat almal in gelig is oor wat gebeur.
  • Maak ‘n lys van groepe familielede wat jy afgeneem wil hê tydens jou familie fotosessie direk ná die kerkdiens. Dít verseker te dat al jou familie, wat jy bymekaar afgeneem wil hê, deel is van die lys. Die res wat nie op die lys is nie moet gedurende die onthaal ‘n kans afknyp vir ‘n vinnige informele foto’s.
  • As jy tafelfoto’s wil neem, kies ‘n spesifieke area daarvoor, foto’s by ‘n vol tafel met glase, en versiering lyk nie baie netjies nie en jy kan skaars die mense om die tafel sien.