Ons gesels met Samantha du Toit

Samantha du Toit_0021

Ons gesels vandag met Samantha du Toit, die fotograaf agter die kamera by ST Photography. Dié onderneming is geleë in die Wes-Kaap en is een van Mooi Troues se bydraers as fotograaf.

ST Photography se deure is amptelik geopen in Februarie 2011, toe Samantha as voltydse fotograaf begin werk het.

Samantha se fotografie styl is baie opvallend, dus die rede waarom sy een van ons bydraers is, en baie noukeurig gekies is, deur ons redakteur wat self ‘n fotograaf in die industrie is.

Lees meer oor ons onderhoud met Samantha hier onder.

Samantha du Toit_0001 Samantha du Toit_0002

Waarom juis fotografie as beroep?

Ek dink nie ek het fotografie bewustelik gekies nie, dit was ‘n stelselmatige liefde wat gegroei het soos ek menigde ander goed gedoen het. Deur my studies in Verbruikers Wetenskap (Behuising) en ook menigde ander werke, soos restaurant bestuurder en administrasie assistant, was dit iets wat ek verskriklik geniet het om te doen as ‘n stokperdjie. En die dag toe iemand my vra om hulle troue af te neem en ek moet nee sê (omdat ek geweet het ek is nie goed genoeg nie) begin die idee van om ‘n fotograaf te raak in my gedagtes rondspeel. Toe ek my fotografie studies in 2010 begin, toe voel dit vir die eerste keer dat ek op die regte pad is en nou, vier jaar later, voel ek nog meer asof dit vir my bedoel is.

Samantha du Toit_0004 Samantha du Toit_0005
Waarvan hou jy om af te neem?

My eerste passie is definitief om mense en hulle stories vas te vang en dit sal altyd wees, want dis vir my iets spesiaal om die liefde tussen ‘n paartjie, of die liefde wat ‘n ma vir haar kind het, vas te vang. Om vir hulle iets te kan gee wat hulle kan op terug kyk soos die lewe aanstap en kan koester in die moeilike tye.   Ek is ook mal daaroor om kos, juwele, blomme en intressante plekke af te neem, maar my geheime liefde is hoëhakskoene. Ek sal altyd ‘n manier find om dit iewers in ‘n foto vas te vang.

Samantha du Toit_0006 Samantha du Toit_0007 Samantha du Toit_0008

Waar sien jy jouself oor vyf jaar?

Solank my geliefdes en fotografie deel is van my lewe sal ek gelukkig wees. Ek voel baie geseënd met wat ek al tot dusver kon doen met my fotografie en kan net vra dat ek aanhou groei in my tegniek en kuns, en geleenthede kry wat my ‘n beter fotograaf en besigheidsvrou sal maak. My doelwitte is om ‘n troue in elke provinsie van ons land te doen, want ek dink daar is soveel karakter regoor Suid Afrika. Asook om meer internasionale troues te doen want ek hou verskriklik baie van reis en is mal daaroor om te leer oor ander lande se kultuur, kos en geskiedenis.

Samantha du Toit_0009

Waar was jou werk al voorheen gepubliseer?

Mooi Troues was die eerste trouwebtuiste om een van my stileerde sessies te publiseer en ek was verskriklik opgewonde toe dit gebeur. Ek was ook baie bevoorreg om die geleentheid te kry om in Maart 2014 uitgawe van Leef Tydskrif ‘n mode hooftrek oor vier Unieke Bruid Prag Style te publiseer. Dieselfde mode sessie is ook deur ‘n Amerikaanse trouwebtuiste Strictly Weddings ten toon gestel. Ek het óók in 2012 ‘n paar bruid advies artikels geskryf vir Splash, ‘n plaaslike tydskrif in Hermanus.

Samantha du Toit_0011 Samantha du Toit_0012 Samantha du Toit_0013 Samantha du Toit_0014 Samantha du Toit_0015 Samantha du Toit_0016 Samantha du Toit_0017 Samantha du Toit_0018

Vertel vir ons iets, van jouself, wat min mense weet.

Ek is verslaaf aan koffie, boeke en fotografie maar ek dink meeste mense weet dit. Ek is mal oor romanse en dis ook deel van hoekom ek my werk so geniet. Ek kan ure lank aan ‘n storie vertel volgens my familie en vriende, omdat ek elke klein detail wil insluit, maar ek weet dit help my baie in my werk, omdat ek nie net fokus op die algehele storie van iemand se troudag nie, maar ook die kleiner besonderhede wat vir hulle spesiaal was toe hulle die dag beplan het.Ek het op die Weskus groot geraak maar het my hoërskool jare in Plettenbergbaai gebly. Ek is maar ‘n klein dorpie meisie en leer nogsteeds die strate van Kaapstad ken.

Samantha du Toit_0019 Samantha du Toit_0020

 

Foto’s verskaf deur Samantha du Toit