Leipzig Country House Onderhoud

Ons gesels met Alida van Leipzig Country House  ‘n pragtige wynlandgoed en trou venue in een van die mooiste dele van Suid-Afrika, die Nuy Vallei net buite Worcester. Leipzig Country House is die perfekte plek vir enige troue, groot of klein veral as jy mal is oor berge en rustigheid.  Geleë in die mooiste Nuy Vallei met baie goed om te doen in die omtrek soos wyn proe, stap en tot berg fiets ry.  Robertson is ook net ‘n klipgooi weg en is die perfekte plek vir wyn liefhebbers.  Lees meer oor ons onderhoud met Alida onder.

 leipzig_0011

Hoekom moet mense by julle venue trou?

Leipzig Country House is gelee in die pragtige Nuy Vallei tussen Worcester en Robertson. Ons onthaallokaal is ‘n kombinasie van ouwêreldse sjarme en klassieke ellegansie. ‘n 1890’s Wynkelder is omskep in ‘n onthaallokaal wat tot en met 130 mense kan akkomodeer, met ‘n dansvloer. Ons sjef staan gereed om te voorsien na elke spysenierings behoefte van julle spesiale dag. Ons het ook ‘n nuwe boeitiek wynkelder op die wynplaas. Die perseel bied verskeie opsies vir onthaal en seremonie wat strek van ‘n moderne Bedouin tent tot ‘n historiese brandewylkelder wat dien as ‘n kapel wat tot 90 mense kan akkommodeer asook pragtige tuine onder ‘n eeue oue akkerboom voor die hoof opstal. 20 Luukse en-suite dubbelkamers en ‘n lekker groot plaasontbyt word geniet deur gaste wat oorslaap na ‘n heerlike aand van feesvieringe.

 leipzig_0001 leipzig_0002 leipzig_0003 leipzig_0004 leipzig_0005 leipzig_0006 leipzig_0007 leipzig_0008 leipzig_0009

Wat is julle venue se verlede?


Die eerste Rabie het 1794 vanaf Leipzig in Duitsland na Suid-Afrika gekom, vandag is die huidige eienaar die 8ste geslag op die plaas.  Wingerd is alreeds in die 1800’s op die plaas gevestig en is daar wyn gemaak in die kelder wat vandag gebruik word vir die onthaalsaal.  Die oorspronklike kelder is 6 jaar gelede omskep in ‘n onthaalsaal en die geskiedenis van die 8 geslagte van die Rabie familie is deur middel van “frescoes” op die mure uitgebeeld deur die kunstenaar, Alexander Locenkov.   Die onthaalsaal se unieke mure is nogsteeds gevlek van die wit en rooiwyne wat daardie tyd gemaak is en die kroeg staan binne ou muskadeltenks.  Verlede jaar is ‘n nuwe boetiek kelder gebou en die plaas maak weer na 50 jaar wit en rooiwyne met sy eie etiket.

 leipzig_0010 leipzig_0012 leipzig_0013 leipzig_0014 leipzig_0015 leipzig_0016 leipzig_0017 leipzig_0018

Wat maak julle venue uniek?


Ons is ‘n een-stop “winkel” vir enige bruid en bruidegom wat graag ‘n hele naweek wil fees vier. Ons verskaf akkommodasie, braai geriewe vir die Vrydagaand, spyseniering, hoe gehalte boetiek-styl wyne, verskillende opsies vir die seremonie en onthaal, koördinering op jou troudag, asook meeste linne, meubels en basiese dekor. Daarom hoef paartjies hul glad nie oor die venue te bekommer nie en eerder fokus op al die ander belangrike aspekte van die troue.

 leipzig_0019 leipzig_0020 leipzig_0021 leipzig_0022

Watse geriewe het julle alles vir gaste?


Braai geriewe vir die Vrydagaand, akkommodasie, ‘n swembad, ‘n Deli op Saterdae vir ligte middagetes, wynkelder vir wynproe, Trekker en Wa ritte na nabygeleë wynkelders en Olyfplaas, fietsry roetes en staproetes.

leipzig_0023 leipzig_0025 leipzig_0024

Diensverskaffers