Rohlandt & Bianca se Verlowing

Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0001

Rohlandt en Bianca se verlowingsverhaal is iets soos ‘n sprokie. Op 15 Februarie 2014 klim sy treetjie vir treetjie klim die berg uit, haar bene is moeg na sy die vanoggend saam met Rohlandt deur Clarens gaan fietsry het.  Hy loop agter haar; hart klop.  Soos wat hy die piekniekmandjie in die een hand dra, maak hy met die ander hand seker die ring is nog in sy broeksak.  Die uitsig raak nou al mooier, die tyd kom al nader en sy emosies raak al sterker.

Uiteindelik is hulle daar, amper heel bo! Die uitsig is oorweldigend – net blou lug, berge en grasgoen vlaktes.  Die twee glimlag vir mekaar terwyl hulle mekaar vashou en die oomblik koester.

Hy sê vir haar sy moet met haar rug na hom toe staan terwyl hy die piekniek uitpak.  Steeds vermoed sy niks (buiten ‘n piekniek nie), want “Rohlie” is mos maar ‘n romantiese skepsel.  Vol glimlaggies staan sy met haar rug na hom toe, terwyl sy hordes foto’s neem in ‘n poging om hierdie onbeskryflike ligging vas te vang. Sy hoor hom aangestap kom… saggies vat hy haar om haar middel en aan haar elmboog en sê sy moet haar oë toehou.  Hy vat haar na waar hy die piekniek uitgepak het.  Sy hart klop al vinniger – sy staan met haar oë bot toe geknyp en glimlag.

Hy haal die ring uit sy broeksak, kyk nog ‘n laaste keer, maak seker hy’s reggedraai. Stadig sak hy op een knie af, hou die ring in sy regterhand vas – arm is reguit uitgestrek.  En met trane in sy oë, en ‘n bitter breë glimlag op sy gesig sê hy: “Jy kan maar jou oë oopmaak…”  En daar is haar pragtige Jenna Clifford verloofring.

Dankie Ian Odendaal dat jy die pragtige foto’s met Mooi Troues gedeel het.

Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0002 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0008

Wanneer beplan julle om te trou?
19 Desember 2014, op Vrede en Lust.

Wat is julle droom troue?
Ons droom troue is juis die troue wat ons beplan. ‘n Onvergeetlike ervaring vir ons en elkeen van ons gaste.  ‘n Kombinasie van wingerde, berge, die perfekte onthaalarea, Kaaps-Hollandse argitektuur, goeie musiek, en natuurlik, ongelooflike kos en wyn. Die onthaal se romantiese elemente soos die black tie kleredrag, die beligting en die ligging moet geëwenaar word deur die pret, glimlagte en herinneringe wat gemaak word. 

Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0009 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0010 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0011 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0012 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0013 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0014 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0015 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0016 Rohlandt & Bianca verloof - Gevind op www.mooitroues.co.za_0017

Diensverskaffers:

Fotograaf: Ian Odendaal | Verloofring:  Jenna Clifford