Ernst & Chantelle se mooi troue

Chantelle en Ernst het by Kleinplasie Country House getrou met die mooiste kleurskema. Dit is baie interessant hoe dié paartjie op hul kleurskema besluit het. Die inspirasie vir die pienk het vanaf proteas gekom, die grysblou van die fynbos brunia en die groen van ‘n woestynrosie.

Die paartjie het ook die oulikste verhaal om te vertel. Chantelle en Ernst woon in Kanada en wou baie graag ‘n eg Suid-Afrikaanse troue hou, wat dit vir hulle meer spesiaal gemaak het was om al die familie en vriende deel te kon maak van hul troue.

Chantelle se advies aan paartjies wat oorsee woon en dit oorweeg om hier te trou, maak gebruik van ‘n trou beplanner om van jou met van die reëlings te help.

Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0002 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0003 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0004 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0005 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0006 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0007 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0008 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0009 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0010 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0011

Wat het jou troudag so spesiaal gemaak vir jou?


  • Daar was bitter baie spesiale oomblikke op my en Ernst se groot dag, maar vir ons wat in Kanada woon was dit ongelooflik spesiaal om ons familie en vriende te kon hê by ons groot dag. ‘n Paar dinge wat ons dag ekstra spesiaal gemaak het:
  • Die wyn op die tafels was van die twee wynplase waar ek en Ernst in SA gewerk het: Witwyn van Hermanuspietersfontein (E) en rooiwyn van Raka (C), en die vonkelwyn van Blue Mountain Winery in Kanada (waar ons albei tans werk)
  • Die pragtige blomme en dekor in die saal is deur Flamboijant gedoen en die kerkie en kapel se dekor en blomme deur my ma, Marlene, met proteas en silwer bloekom van hul plaas buite Stanford. My ma het ook die pragtige vlaggies vir die saal gemaak. Die konfetti –  sewejaartjies, en die gastegeskenkies vir die vrouens (heuning) was ook van hul plaas. Ernst se ma het gaste se plekaanwysings naamkaartjies in kalligrafie geskryf.
  • My oupa wat die tafelgebed gedoen het (wat n voorreg.)
  • Ons eerste dans – baie spesiale oomblik vir ons gewees op The Wedding Song (Angus & Julia Stone) dit was ‘n rustige dans en vir ‘n oomblik het dit gevoel of dit net ons twee in die saal is. Ernst se oupa (ook Ernst Jacobus Bruwer) het vir al vier sy kleinseuns ‘n unieke bottel wyn vir hul troudag nagelaat. Dit was ‘n groot oomblik toe dit deur Ernst se pa aan ons oorhandig is.

Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0013 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0014 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0015 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0016 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0017 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0018 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0019 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0020 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0021 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0022 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0023 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0024 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0025 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0026 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0027 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0028 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0029

 Beskryf jou troue in 10 woorde.


Ongelooflike spesiale dag met die kosbaarste mense in ons lewens.

Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0030 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0031 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0032 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0033 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0034 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0035 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0036 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0037 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0038 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0039 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0040 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0041 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0042 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0043

Enige advies wat jy vir paartjies wat trou kan gee?


Spesifiek vir paartjies wat oorsee bly; delegeer, of oorweeg dit om ‘n trou beplanner te kry om jou te help. Ons sou aanvanklik als self reël, maar dit is nie altyd moontlik om alles per epos te reël nie. Ons het toe gebruik gemaak van Marle, Someday Soon Weddings. Deur haar kon ons ons eie stempel afdruk en seker maak alles word gereël en is in plek.

Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0044 Ernst & Chantelle se troue - gevind op www.mooitroues.co.za_0045


Diensverskaffers:

  • Venue: Kleinplasie Country House
  • Grimering: Marize Louw Make-Up
  • Hare: Dihona  Griffiths
  • Trou Beplanner: Someday Soon
  • Fotograaf – Adele Kloppers
  • Dekor en Blomme: Flamboijant
  • Beligting: La Flor
  • Binnehof  se beligting: Bruid se Pa
  • Platejoggie: Johann Mouton
  • Troukar: Rowan van As
  • Trourok: La’more Bridal Canada
  • Skryfbehoefte: Bruid en Skooma
  • Kos: Full of Taste
  • Troukoek en nagereg tafel: Sweet Cakes