Wit & Blou Ontbyt-Troue Inspirasie

Ons bring vir jou ons eerste tafel-inspirasie, uit ons reeks van vier, wat ons by die pragtige PicardiPlace in Rawsonville afgeneem het.  Dié tafel-inspirasie is afgeneem tussen die mooiste perskebome PicardiPlace en is ideaal vir ‘n klein troue of ‘n familie-ete die middag vóór die troue om almal aan mekaar voor te stel.  Op watter manier jy dit wil gebruik maak nie saak nie; dit is ‘n maklike tafel om bymekaar te sit.   Kyk net hoe goed pas die wit, groen en blou tema saam.   Die antieke blou en wit eet gery, saam met die teestel skep ‘n regte outydse plaas gevoel.   PicardiPlace is die ideale plek, in die Rawsonville omgewing, waar gaste hul middag ete kan geniet met ‘n pragtige uitsig, sommer so tussen die wingerde of  tussen olyfbome.   Die hoof doel van hierdie tafel was om dit maklik te maak vir enige iemand om te doen, deur die versiering eenvoudig te hou.


Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0001Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0002 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0008 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0009 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0010


Diensverskaffers: