Schalk & Maderi se troue

Schalk en Maderi het ‘n regte plaas-troue gehad.  Hul gaste was in die pakstoor onthaal en die plaaslike poskantoor, saam met hooibaal, het deel gevorm van die agtergrond vir hul foto’s.  Die stoor was mooi opgemaak in wit en met rangskikkings wat uit proteas bestaan het. Dié twee verliefdes is baie gemaklik voor die kamera en het beslis die meeste van hul spesiale dag gemaak.  Maderi en Schalk se raad aan paartjies wat ook  hul troue beplan is; “As jy jou troue self wil reël, moenie terugstaan nie, gaan elke oomblik voluit, geniet elke liewe oomblik en koester die voorbereidingstadium saam met vriende en familie wat wil help en hande bysit.”


Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0002 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0008 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0009 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0010 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0011 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0012 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0013


Wat het julle dag so spesiaal gemaak?

Wat `n voorreg om in vandag se tyd so geseënd te kan wees om in `n huis te kan grootword waar ons ouers so groot voorbeeld vir ons kon wees om ons te leer van liefhê, respek, waardering en omgee. Ons troudag, net soos die res van ons lewens, het ons gestraal om hierdie ook die fundamente van ons huwelik te maak. Ons was so geseënd om soveel familie en vriende by ons troue te hê wat soveel vir ons omgee en so baie gewillige hande en harte om te help. Ons het nie die nieumodiese troue gehad by `n venue nie, ons wou van die begin op ons plaas in die aartappel pakstoor trou want beide van ons het op plase grootgeword, van vroeg die week is begin om stof uit te vee en kratte gepak te kry. Alles was perfek van ons 1936 Cadillac trou kar tot elke ruiker en krans wat gehang het. Ons het getrou vanuit die Blanco NG Kerk waar feitlik al die gaste in trane was na `n gebed om dankie te se vir my ouers, my skoonouers en my bruidegom. Ons is geseën met `n treffende boodskap oor genade. Ons het fotos op die plaas geneem terwyl gaste roosterkoek geniet het. Na ons aankoms by die stoor het ons geeet en gedans tot na middernag. Groot verrassing was die “Pa en Dogter Dans” – ek het gedeeltes van liedjies laat opneem met n baie gewillige pa om deel te neem. Ons begin met die rustige Butterfly kisses waarna ons mense gehad het wat amper van stoele geval het toe ons Lets twist again, YMCA, Cotton Eye Joe en tot op Roar van Katy Perry gedans het. Ek sluit af met `n deel uit my gebed: Heer dankie vir hierdie besonderse man wat U vir my uitgekies het. Here, help ons om dankbaar te bly vir wat ons het, al is dit nie altyd wat ons sou wou he nie. Here as die verliefdheid verbygaan en net die liefde bly oor, gee ons die wysheid en insig om ons verhouding te koester vir wat dit was, vir wat dit is, en vir wat dit altyd moet wees. Ons plaas onsself in U almagtige hand, vergroot ons grondgebied, leer ons hoe om dit te bestuur, seën ons oorvloedig en maak ons dankbaar vir alles, hou ons onder U beskerming, weerhou ons van onheil sodat daar geen traan oor ons wange hoef te loop nie.


Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0014 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0015 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0016 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0017 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0018 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0019 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0020 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0021 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0022 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0023 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0024 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0025 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0026 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0027


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Laura Versfeld
  • Skryfbehoeftes: Artica designs
  • Spyseniering: Top two catering
  • Grimering: Blush Mobile Make-up
  • Hare: Yullanda Breedt
  • Videograaf: Bright House Films
  • Dekor: Pietman Diener en span