Dirk & Sannika se verlowing

Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0015

Dirk en Sannika het die oulikste verlowings foto’s op ‘n plaas geneem. Jy kry sommer die idee van krakende vars lug, ‘n koei wat raas in die agtergrond en die reuk van gebakte brood as jy na die foto’s kyk.

Die paartjie het dié oggend al vroeg reg gemaak vir die foto’s. Ons sê altyd, die mooiste foto’s word vroeg geneem, wanneer die lig nog sag is. Hulle het ook sommer lekker gemaklik en volgens die tema aangetrek vir die geleentheid.

Dirk en Sannika het ook goed gebruik gemaak van die omgewing om hulle, deur op hooibale te posseer en lekker ontspanne op die gras te lê. Die twee verliefdes het dié fotosessie baie geniet, as ons na die warm glimlagte kyk .

Veronique was die fotograaf agter die kamera dié keer. 

Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0002 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005

Hoe het julle ontmoet?

Ons het op ‘n buitengewone manier ontmoet. Dirk se vriend het vir my gekook op  Kyknet se Kerels wat Kook. Hy het ons toe aanmekaar voorgestel en ons het dadelik goeie vriende geword.  Lang geselsies en met baie in gemeen het ons vining besef ons is bedoel vir mekaar.

Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0009 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0010 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0011

Hoe het hy jou gevra om te trou?

Presies een jaar ná ons ontmoet het sou ons by vriende gaan braai (of so het ek gedink.) Hy kom tel my by my woonstel op, maar ry toe verby die vriend se plaas. Dirk het eintlik plek bespreek by ‘n restaurant en ‘n gastehuis in Stellenbosch. Daar aangekom wag ek ‘n minuut buite die kothuis voor ek mag instap. “Sal jy bly, vir ‘n appel en ‘n ui? Al skuur die maan ons weg. Bly my hart na jou toe trek.”

Dít is ons liedjie wat binne speel en my hart begin vinniger klop; iets spesiaal moet nou gebeur. Stap in en sien bitter baie kersies brand in die leefarea en foto’s van ons met ‘n projekter teen die muur. Dirk vat my hande en stap uit voor die wingerde, gaan op een knie en vra die vraag wat elke meisie van haar droom man wil hoor. Al wat ek sê is “ja!”

Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0012 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0013 Trou Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_001400

Diensverskaffers:

Fotograaf: Veronique Photography

in post diensverskaffers