Robyn & Grant se troue

Robyn en Grant se romantiese troue het plaasgevind by Ashanti, in die hartjie van die Boland. Hierdié luuks en gesofistikeerde onthaal area is ideaal vir troufoto’s.

Robyn se advies aan paartjies wat hul troue beplan is om seker te maak dat hulle die regte diensverskaffers kies en soveel moontlik probeer delegeer. Só kan die bruid ander kry om haar te help, en die troue meer geniet saam met vriende en familie.

Adri Meyer het die elke spesiale oomblik daai dag afgeneem, en dit uistekend gedoen. Die glimagte op die gesigte van die gaste is ‘n duidelike bewyse dat hulle die troue net so baie soos die bruid en bruidegom geniet het. Robyn en Grant se troue kan deur middel van die volgende woorde beskryf word; asemrowend, pret, dans, familie en vriende, liefde, verrassings en sonskyn. Dankie Adri Meyer vir die pragtige foto’s.


robyn & grant_0001robyn & grant_0002robyn & grant_0003robyn & grant_0004robyn & grant_0005robyn & grant_0006robyn & grant_0007


 Wat het jou tou dag so spesiaal gemaak vir jou?

Dit is vir ons feitlik onmoontlik om een, of selfs twee goed uit te sonder wat ons dag so spesiaal gemaak het. Die feit dat dit een van die min geleenthede in ‘n mens se lewe is waar jou hele familie en al jou vriende bymekaar is, spesiaal om saam jou huwelik te vier, is ‘n ongelooflike gevoel.

Baie van ons familie en vriende het boonop van oorsee gereis om daar te wees vir ons. Die liefde wat ons met almal kon deel was vir ons ‘n baie groot voorreg. Ons was ook baie gelukkig met ons dienskaffers – ons kon nie vir beter diens gevra het nie en die verhoudings wat ons daardeur geskep het, is vir ons baie spesiaal. Die dag het glad verloop, danksy die wonerlike hulp van Wanda Voigt en haar span by Ashanti. Ons fotos deur, Adri Meyer is pragtig en die video opname deur Emdon (Julian) is uitstekend en bring baie herinneringe terug van ons wonderlike dag. Vir ons is dié besonderse spesiale dag ‘n weerkaatsing van ons liefde vir mekaar.


robyn & grant_0008 robyn & grant_0009 robyn & grant_0010  robyn & grant_0012 robyn & grant_0013 robyn & grant_0014 robyn & grant_0015 robyn & grant_0016 robyn & grant_0017 robyn & grant_0018 robyn & grant_0019 robyn & grant_0020 robyn & grant_0021 robyn & grant_0022 robyn & grant_0023 robyn & grant_0024 robyn & grant_0025 robyn & grant_0026 robyn & grant_0027 robyn & grant_0028 robyn & grant_0029 robyn & grant_0030 robyn & grant_0031 robyn & grant_0032 robyn & grant_0033 robyn & grant_0034


Diensverskaffers: