Ons gesels met Leipzig Blomme

leipzig_0001


Leipzig Blomme en Dekor is ‘n reeds vir 11 jaar gevestig in die trou-bedryf, en nes toe streef ons daarna om elke troue uniek en spesiaal te maak. Ons is ‘n klein span van 4-6 en ons studio is geleë in die pragtige Devon Vallei, net buite Stellenbosch. Ons is mal daaroor om met verskillende elemente te werk en glo dat elke troue die paartjie se styl moet reflekteer, want juis dan sal hulle gemaklik voel by hulle eie troue, en sal hulle vir altyd tevrede wees met hulle trou dekor.

Ons geniet dit ook om nuwe style uit te probeer en te kweek deur gereelde fotosessie te beplan, waar ons gewoonlik ‘n top fotograaf, stylvolle klere, interessante meubels en beligting, sowel as modelle gebruik om die geheelbeeld te vorm. Ons hoop met sulke sessies is om nuwe idees aan bruide te gee om op ‘n stylvolle manier iets nuuts te probeer. Ons is bevoorreg om deur die jare hand aan hand met van die top verskaffers in die bedryf te werk, en koester hierdie verhoudings. Deur saam aan nuwe konsepte te werk is iets wat ons vreeslik geniet en waaraan ons waarde heg.


leipzig_0002 leipzig_0003


Leipzig se algehele styl kan as romanties beskryf word, alhoewel ons nie huiwer om met moderne en interessante elemente te werk nie. Ons beveel altyd baie kerslig aan, want dit is ‘n bekostigbare manier om warmte en atmosfeer te skep. Om meer kleur in te bring by die tafel dekor, gebruik ons gereeld materiaal en kleurvolle houers.


leipzig_0004 leipzig_0005


Deel van ons passie is om met mense, en spesifiek paartjies, te werk. Alhoewel dit ideaal is om ons te kom ontmoet by ons studio op die plaas, het ons metodes in plek om met selfs die verste bruide te kommunikeer. Ons vraelys is beskikbaar op ons webtuiste en dit gee gewoonlik vir ons ‘n goeie idee van wat benodig word op die dag. Ons is groot aanhangers van sosiale media en om na ‘n bruid se Pinterest borde te kyk, is net soos om langs haar deur haar trou-leêr te blaai. Dus hoef geen bruid te voel sy is te ver nie!


leipzig_0006 leipzig_0007 1st Birthday Party, The One & Only Hotel, Birthday Party The One & Only Hotel, Cape Town Hotel Birthday Party, The One & Only Hotel Cape Town, Forest Theme, Rabbit Theme, Alice in wonder land birthday Theme


Ons streef altyd na kwaliteit en om ‘n gelukkige bruid op haar troudag te sien is ons kos. Ons hoop om gou van die Mooi Troues lesers te ontmoet!


Foto Krediet: Foto’s alles verskaf deur Leipzig.