Elke & Jean-Pierre se verlowing

elke & jp_0002


Vandag deel ons Elke en Jean-Pierre se verlowings fotosessie. Dié paartjie het ‘n besonderse plek gekies vir hul fotosessie, wat ‘n pragtige agtergrond aan hul foto’s gee. Die gebruik van hul honde in die foto’s skep ‘n gevoel van pret, dit is duidelik dat hulle dié geleentheid baie geniet het. Elke en Jean-Pierre het getrou by Mongena Game Lodge op 14 September 2013. Hulle droom troue was om in die bosveld te trou waar hulle lekker gesellig kan wees en hulself kan geniet. Loer bietjie na die oulike foto’s wat Salomien Smal afgeneem het.


elke & jp_0003elke & jp_0004elke & jp_0005elke & jp_0006elke & jp_0007elke & jp_0008elke & jp_0009elke & jp_0010elke & jp_0011elke & jp_0012elke & jp_0013elke & jp_0014elke & jp_0015elke & jp_0016elke & jp_0017elke & jp_0018elke & jp_0019elke & jp_0020


Die verlowing

Jean-Pierre het ‘n naweek saam met vriende op hulle plaas in Klaserie naby aan die Kruger Wildtuin se Orpen hek gereël. Ons gaan elke jaar na die plaas toe, so ek het glad nie geweet dat dit vir ons verlowing was nie. Hy het beplan om my op die Saterdagoggend op ‘n wildsrit te vat en my in die bosveld te vra om te trou. Ons het die Vrydagmiddag by die plaas aangekom en ‘n lekker groot “bonfire”gemaak en gebraai. Ek en hy was vir ‘n oomblik alleen en toe val hy skielik op sy knieë en vra my nét daar voor die vuur of ek asseblief sy vrou sal wees. Hy kon nie meer wag vir die volgende oggend om my te vra nie.


elke & jp_0021 elke & jp_0022 elke & jp_0023 elke & jp_0024 elke & jp_0025 elke & jp_0026 elke & jp_0027


Diensverskaffers:

Fotograaf: Of The Earth Photography