Raymond & Lee-Lynn se koffiewinkel verlowing

Vandag deel ons die koffiewinkel verlowing van Lee-Lynn en Raymond, al die pad van Port Elizabeth.  Dié spontane fotosessie het by ‘n baie oulike koffiewinkel, Friendly Stranger geskied.

Dié winkel maak gebruik van teestelle en vetplante as versiering, wat mooi vertoon in die agtergrond vir fotosessies.

Dit is duidelik dat dié verliefde paartjie hul fotosessie geniet het saam met hul fotograaf Tarryn Rahl, wie die heimwee van hierdie spesiale geleentheid perfek vasgevang het.

Soek jy inspirasie vir ‘n koffiewinkel verlowing fotosessie?  Dan is dié artikel net vir jou.

lee-lynn&raymond_verloof_0006lee-lynn&raymond_verloof_0002lee-lynn&raymond_verloof_0009

Die verlowing


Raymond het my verlede jaar, oor Paasnaweek, Kaap toe geneem. Hy het die Sondag, 8 April, my vroeg oggend wakker gemaak en gevat vir ontbyt in Kampsbaai. Daarna het ons kus langs, deur Chapman’s Peak, gery na Kaap Punt waar ons tot heel bo gestap het en tyd daar spandeer het. Daarna was ons in Simonstad by Boulders Beach. Raymond het vir my verduidelik hoe pikkewyne net een lewensmaat kies en by daai een hou vir hul hele leeftyd. Hy het my toe uitgevat vir ete by die Waterfront waar in die “Wheel of Excellence” gery wat oor die hele Kaapstad kyk. Toe ons by die gastehuis kom waar ons geslaap het, het hy op sy knieë gegaan en my gevra om met hom te trou. So dit was ‘n hele dag vol opwinding vir ons gewees.

Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing  Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing  Koffiewinkel verlowing0

Wat is jou droom troue?


Ek is baie geïnteresseerd in “vintage” en “shabby chic” style. Dit is vir my belangrik dat ons troue dit reflekteer.  Die kleure van ons troue was “off-white” asook verskillende skakerings van bruine.  Net Fynbos was gebruik vir rangskikkings.  Ons het gevoel dit pas meer by die natuurlike gevoel wat ons wou hê as wat rose sou. Ons troudag was die beste dag van ons lewens.  Alles was perfek, en het gereflekteer wie ons is as mense, asook ons verhouding.  Vir ons was die belangrikste dat mense ons troue onthou as “something different to the norm”, en as ek hoor wat al ons vriende sê, glo ek ons het dit bereik.

Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing Koffiewinkel verlowing

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Taryn Rahl