Le-Daan & Ronette se verlowing

Ons wil net vir Le-Daan en Ronette baie geluk se met hulle troue die naweek wat verby is {29ste June 2013}. Hulle verlowing fotosessie is so mooi-die ballonne en area waar hulle geneem het is net pragtig. Ons kan sien dat Le-Daan en Ronette was baie gemaklik voor die kamera en het elke oomblik van hulle fotosessie geniet.

Le-Daan & Ronette_Verlowing PostLe-Daan & Ronette_Verlowing Post (2)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (3)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (4)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (5)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (6)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (7)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (8)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (9)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (10)

Hoe het julle ontmoet?


Ons het mekaar ongeveer 5 jaar terug ontmoet by ‘n braai wat gereël was deur vriende, maar ons altwee was in ander verhoudings.  Ons het vriende geword, maar baie min saam gekuier.  In 2011, toe ons altwee alleenlopers was, het ons mekaar beter leer ken en meer begin saam kuier.  Ek het toe vir Le-Daan gevra, wanneer is dit “take your friend to work day”, en heel toevallig moes hy Hermanus toe vir werk, en hy het my saam genooi.  Die liefde het toe van daar af net geblom.

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (11)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (12)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (13)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (14)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (15)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (16)

Hoe het hy/sy jou gevrae om te trou?


Op my verjaarsdag het Le-Daan ‘n groot ontbyt gemaak met vonkelwyn en gebakte muffins.  Op die tafel was daar ‘n groot geskenk boks.  Ek kon nie wag tot na die ontbyt nie, en het heel eerste die boks oopgemaak.  Daar was klomp “tissue paper” in die boks en heelbo was ‘n mooi beursie.  Ek was ‘n klein bietjie teleurgesteld, aangesien ek vir hom ‘n GPS gekoop het vir sy verjaarsdag.  Hy het toe gesê, hy dink daar is nog ietsie binne die boks.  Heel onder, was daar ‘n klein boksie, en my hart het erg begin klop.  Toe ek die klein boksie oopmaak, toe vra hy my die groot vraag….en my antwoord was onmiddellik JA.

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (17)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (18)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (19)

Le-Daan & Ronette_Verlowing Post (20)

Diensverskaffers: